Bybelwaarhede
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid...
© Bybelwaarhede 2026
**2026-01-19 -- 11:15**
Die besluit wat ek geneem het, wat ek glo, het geskied onderleiding van die Heilige Gees, het ‘n baie lang aanloop. Sedert 2008 het ek Koers per e-pos begin ontvang en toe bewus geword van strominge binne die Nederduitsch Hervormde Kerk in Afrika (NHKA). Met Algemene Kerk Vergadering (AKV) van 2010 was ons oorsee, met die terugkom lees ek van wat op die AKV gebeur het in Koers. Ek woon al die steedsHervormers se vergaderings op eie stoom by, my gemeente Kriel, is nie deel nie. Op die vergaderings koop ek boeke wat Prof HG van der Westhuizen skryf, oa., Die Wit Dwaling. Verstaan baie min daarvan want ek weet niks van die Israelvisie nie. Verhuis na Hartbeespoort in Mei 2012 en word lidmaat in GHG Theresaparkgemeente. In 2014 gaan ons en vriende na ‘n Kleinfontein karnaval. ‘n Stalletjie gee gratis boeke, ek neem daarvan, geskryf deur Ds. Ben Maree. Lees die boek getiteld: “Uitverkiesing; so logies en noodsaaklik” en van die ander boeke en toe word ek bewus van goed wat in die Bybel staan wat ek vantevore gelees het en nie verstaan het nie. Die boeke haal Bybeltekste aan en dit maak my oop vir die wonder uitsprake in die Skrif. Ons predikante haal mos maar selde teksverse aan. So begin my wonderlike ontdekkingsreis deur die Heilige Skrif en is ek verstom en verbaas oor die rykdom van inligting wat daarin opgeteken is. Ek is toe al ‘n sewentigjarige. Ek volg bronverwysings op en laai boeke van die internet af wat my verder help om die Bybel reg te verstaan deur die Skrifuitleg wat gedoen word. So lees ek in 2015 die boek; Jou Erfdeel.   Die   Besbewaarde   geheim   in   die   wêreld , skrywer is Robert Alan Balaicius van Sacred Truth Ministries in die VSA. Wat ‘n goeie bron, een teks verwysing na die ander om te bewys dat wat geskryf word waar en korrek is, omdat die Bybel so sê! Nou begin ek lees en leer van die Israelwaarheid of Israelvisie. Die inligting spoor my aan tot verdere navorsing en kry ek nog drie Amerikaners wat skryf oor die Israelwaarheid. Ek luister vir ure na hulle lesings en lees bladsye se lesings/preke wat altyd uit die Bybel onderskryf word, selde word ‘n ander persoon aangehaal en gee hulle elle lange bronverwysings, natuurlik is die Bybel altyd die eerste. In die tyd lees ek ook wat Pastoor Frikkie Neser skryf, hy en Ds Maree stem ooreen met die Amerikaners. So ‘n jaar of wat terug maak ek kennis met skrywes van Frikkie Botha, Ds Gert Steenkamp en Ds WH Smith. Almal verkondig dieselfde boodskap: Die Bybel is God se Woord oor Sy volk Israel en na al die jare se studie besef ek dat ek en elke ander persoon wat blank is, is afstammelinge uit volke wat afstammelinge is van Abraham, Isak en Jakob. Vandat die skille van my afgeval het lees ek dit in die Bybel raak, dit staan daar duidelik geskryf, in die Ou en die Nuwe Testament. Die “kerk” en teoloë ontken die groot waarheid want hulle dink die Edomiet-Jode in Israel en oor die hele wêreld is die uitverkore volk van God. Hulle dink ook al die “gelowiges” is geestelike Israel, volk van God. Hulle het nog nooit die moeite gedoen, dink ek, om die wêreld se geskiedenis te gaan lees nie, want die Israelbannelinge se trek uit Assirië noordwaarts en daarna weswaarts is opgeteken en in museums beskikbaar. Argeoloë se opgrawings bevestig dit wat in die Bybel staan. God praat deur Sy profete met die huis van Israel alhoewel hulle alreeds meer as honderdjaar in ballingskap weg gevoer was. Yahshua sê: “Soos   die   Vader   My   gestuur   het,   stuur   Ek   julle   ook.” Na wie? Matt.   15:24;   Ek   is   net   gestuur na die verlore skape van die huis Israel. So, geagte leser, daar is by my geen twyfel wie ek is nie, afstammeling van Israel, God se uitverkore volk, en daarom voel ek my nie meer tuis in ‘n “kerk” waar die feit misken word en nie gepredik word nie. En waar die Bybel gebruik word om ‘n sekere doktrine te verkondig wat nie die volle waarheid van die Woord is nie. Die waarheid alleen maak ons vry! U sou sien uit die agtergrond wat ek probeer weergee het, dat ek albei kante van die ‘munt’ deeglik ondersoek het en na baie jare se studie tot dié onteenseglike waarheid gekom het. So glo ek – ek kan nie anders nie. So help my, Yahweh. Bernard Harley 3 Augustus 2022

Oor my en die blad

Voorwoord tot my staat van belydenis

Bedanking as lidmaat van die Geloofsbond van

Hervormde Gemeentes (GHG)